Berlyn: Vakansie woonstel in die stad van Berlyn
Ferienwohnung Berlin Prenzlauer Berg Holiday apartment in Berlin Prenzlauer Berg Appartamento Berlino Prenzlauer Berg Vakantiewoning Berlijn Prenzlauer Berg Piso de vacaciones Berlín  Prenzlauer Berg Appartement de vacances Berlin Prenzlauer Berg Ferielejligheder BerlinКвартира Берлин Пренцлауэр Берг
Mieszkanie wakacyjne  Berlin Prenzlauer BergVakansie woonstel Berlyn Prenzlauer Berg

Die woonstel :

Die woonstel in om en by 26 m2 groot en is sentraal geleë slegs 1200 m na Alexanderplatz (Middel distrik en historiese Stad sentrum) in Berlyn - Prenzlauer Berg, naby die pragtige Kollwitz Platz, die hart van die Oos Berlyn omgewing. Daar is ook ´n 22 m2 balkon, wat op die sesde vloer geleë is, wat ´n pragtige uitsig gee oor die dakke van Prenzlauer Berg. Die woonstelblok is onlangs voltooi en daar is ´n hysbak asook ondergrond parkering.

Die woonstel is modern en ´n kamer verdeler skei die leef vertrek van die slaapkamer. Daar is 2 beddens met ´n ekstra slaapbank asook kabel TV. Die badkamer het ´n groot bad, met passende stort en toilet. Die kombuis is maar alles wat benodig word vir ´n kort bly in Berlyn is hier (mircrowave, dishwasher, yskas, koffiemaker, rooster en ook eetgerei). ´N baba bed kan voorsien word.

Die woonstel is in ´n stil omgewing en die vensters kyk na die son, rigting Suid-Wes, op die binneplein.

Koste :

bij seizoenhoog seizoen

1 Persoon 50 Euro
Elke daarop volgende persoon +15 Euro
(Maximum 4 persone)

1 Persoon 60 Euro
Elke daarop volgende persoon +15 Euro
(Maximum 4 persone)

Minimum bly tyd is 3 nagte met ´n ekstra 25 Euro skoonmaak fooi,
Ekstra koste vir aankomste na 20 uur: 10 euro na 22 uur: 15 euro, na 23 uur: 20 euro, na 24 uur: 30 euro
Ondergrond parkering is 8 Euro per nag.
hoog seizoen: Maart - Oktober, Kerstmis/Nieuwjaar 22.12.-06.01.
Currency converter (link)

The apartment is available on the day of your arrival from 4 p.m and we would ask you to check out on the day of your departure until 10 o clock in the morninig. This is to make shure that the apartment can be prepared for the new guests.

view over the roofs
view over the roofs

living roomliving room
living room

view to the terrace
view to the terrace

the kitchenbedroomthe bathroom with large bathtub

map of Berlin
Die woonstel is in Belforter Straße in 10405 Berlin.
Om ´n kaart van die omgewing te kry kliek op www.stadtplandienst.de (kaartgids) of gebruik die roete vinder van web.de

The Cafe Pasternak

Die omgewing :

Die Prenzlauer Berg, of meer eenvoudig Prenz´lberg, is een van die mees gesogte woonareas asook een van die gunsteling uitgaan areas in Berlyn.

Die ondergrond stasie, Senefelder Platz, is omtrent 3 minute van die woonstel en van hier kan die volgende plekke besoek word…

  • die Potsdamer Platz in plus-minus 20 minute
  • die Kurfürstendamm en die Zoologischen Garten in plus-minus 30 minute
  • die omgewing Sentraal Berlyn met baie museums; die Alexanderplatz met TV-toring waar ´n kafee en uitsig balkon is, asook die Hackeschen Höfe in slegs 10 minute
  • die uitstalling sentum is om en by 40 minute
  • die Ostbahnhof stasie in om en by 15 minute

N Trem loop reg voor die deur van die woonstel verby, wat addiosionele transport kan verskaf (rigting Hackescher Markt en Friedrichstrasse).




Unter den Linden
Everywhere, the Berlin bears stand in the city,
this picture taken Unter den Linden
Der Markt am Kollwitzplatz
At weekends there is a market on the Kollwitzplatz

Die woonstel is geleë in die skilderagtige area van Berlyn - naby aan Kollwitzplatz en die water toring, een van die mees besoekte klubs en kroeg areas in Berlyn. Te voet kan die volgende gedeeltes van Prenzlauer Berg besoek word - soos...

  • die Kulturbrauerei (flieks en baie klubs) of
  • die Lychener Straße met nog meer klubs en kafees (gepraat daarvan, daar is ´n wonderlike Kubaan met baie goeie Mojito en ´n kroeg met die naam van "Weistein" met Topinki - ´n Tjegiese dis vir die knoffel liefhebbers. Vir die sportiewes is daar ´n kegelbaan in die kelder) of
  • die Knaackstrasse met kafee Pasternak, ´n Russiese restaurant met musiek en slegs ´n paar tree vandaar is die "Hausbar" waar, tot 5 uur soggens, ´n dors geles kan word
  • die Helmholtzplatz (die "ou" hart van Prenzlauer Berg) tesame met Dunkerstrasse - ´n gebied waar voorheen menige huise was
  • die Joodse begrafplaas (van die beroemdepersone wat hier begrawe is die volgende: Max Liebermann, Ludwig Bamberger, Eduard Lasker, Giacomo Meyerbeer)
  • die Oderberger Straße en Kastanienallee (.... nog meer kroeë, kaffees en restaurante...) of
  • die Friedrich Ludwig Jahn - sport park met die Max Schmeling - saal (verskeidenheid van musiek en ander aktiwiteite)
  • En die Mauerpark.

Soos julle kan sien - dit sal nie vervelig wees nie, ook al verlaat julle nie die area naby die woonstel nie. Maar moenie bekommerd wees nie - die Hackescher Markt en die Oranienburger Straße in sentraal Berlyn asook ander gedeeltes wat binne bereik is. Toegang tot stasies, busse en straat motors is eenvoudig. En as julle haastig is. ´n taxi staanplek is om die hoek. Alexanderplatz is 10 minute per voet.

Van : Naam :
Straat :
Poskode : Stad : Land :
Telefoon : Fax :
Email :
Navraag : 
  Bedrag :
Aankoms : tyd om en by:
Vertrek :
Te :
boodskap,
vrae,
rede vir jou besoek:
doen net navraag:   
boek asseblief indien moontlik:


 

Inhaltlich verantwortlich für diese Seite: Gritta Sens, Belforter Str. 20, 10405 Berlin
Telefon: +49-30-48496469 email: 24510@bandb-ring.de

 

berg, prenzlauer, stad, berlyn, ferienwohnung, berlijn, woonstel, uitgaan, prenzlauerberg, belforter